Dr. Michael le Cordeur, ondervoorsitter van Die Afrikaanse Taalraad (ATR) het met belangstelling kennis geneem van prof. Theuns Eloff, rektor van die Noordwes-Universiteit (NWU), se mededeling dat hy daarin geslaag het om rustigheid op sy kampus te bewerkstellig met die benutting van tolkdienste vir anderstaliges. Daarmee is bewys dat verskillende taalgroepe in harmonie saam kan studeer en leef.

In die Suid Afrikaanse onderrigkonteks is simultaantolkdienste, soos wat dit aan die NWU en enkele skole toegepas word, betreklik nuut. Dit word egter suksesvol in die buiteland benut. Aanduidings bestaan egter dat deur taalprobleme verkeerde getuienis afgelê is en mense in gevangenisse beland het omdat hulle nie hofverrigtinge in hulle eie taal kon volg of verstaan nie.

Dieselfde bewerings word gemaak ten opsigte van ons hospitale waar verkeerde operasies al uitgevoer sou gewees het a.g.v. taalverwarring en misverstaan.

Die duurste prys wat egter as gevolg van taalprobleme betaal word, is steeds die verwoesting van ‘n kind/student se toekoms omdat hy/sy nie in sy/haar voorkeurtaal onderrig kan ontvang nie. Dit is die reg van elke skolier, student en selfs aangeklaagde om in die taal van sy of haar voorkeur toegespreek te word en die voordeel van moedertaalpraktyk te kan geniet (die Suid-Afrikaanse Grondwet maak hiervoor voorsiening). Sekere politici sal egter ter wille van politieke dienstigheid eerder meedoen aan die verkragting van taalregte as om inskiklik te wees en in die beste belang van die land se kinders en ander taalbehoewendes, op te tree.

Suid Afrika is een van die min lande waar die moedertaalmedium van onderrig nie die heelhartige steun van die landsregering ontvang nie. Die ATR doen ‘n ernstige beroep op verskillende opleidingsinstansies – skole, universiteite, kolleges en informele instansies – om die gebruik van regverdige opleidingspraktyke, waaronder veral simultaantolking, met geesdrif te omarm en in die beste belang van ons kinders en jongmense op te tree.

Die grootste bate lê daarin opgesluit dat ‘n gelukkige leeromgewing geskep word waartydens kinders, studente en jongmense op ‘n natuurlike wyse in een klas meng, sonder dat taal enige kwessie van nydigheid en tweespalt veroorsaak. Opvoedkundig is dit van wesenlike belang dat elke kind sy of haar moedertaal benut en feite- en leerkennis ‘n deel van sy of haar verstandelike ontwikkeling maak.

Toekomstige werkgewers gaan ‘n goedtoegeruste produk ontvang – kinders en studente – wat deur hulle eie taal tot hulle volle potensiaal ontwikkel. Matriekuitslae kan dramaties verbeter en die uitvalsyfer, a.g.v. taalstruikelinge, kan dienooreen­komstig beduidend daal.

Die ATR salueer diegene wat opreg meedoen aan die voorsiening van taalgeriewe vir die diverse taalsituasie in ons land en is ten sterkste gekant teen die ongeregverdige aksentuering van eentaligheid.

Weergaven: 89

Opmerking

Je moet lid zijn van Nederlandstalige Nieuwsmedia om reacties te kunnen toevoegen!

Wordt lid van Nederlandstalige Nieuwsmedia

koerante/kranten

mondotimes Find News Media Worldwide



Nederlandse Kranten

Belgische Kranten

Surinaamse Kranten

Antilliaanse/Arubaanse Kranten

Suid Afrikaanse Koerante

Namibiese Koerante

Nederlandstalige Kranten (USA/Canada)

Historische Kranten

Regionale Kranten

© 2024   Gemaakt door Nederlandstalige Nieuwsmedia.   Verzorgd door

Een probleem rapporteren?  |  Algemene voorwaarden