Sokkeruitsendings misken Afrikaans en ander amptelike tale

Die Afrikaanse Taalraad (ATR) is trots op Bafana Bafana se vertoning in die openingswedstryd en glo dat ’n basis gelê is waarop voortgebou kan word. Die ATR wil terselfdertyd sy ongelukkigheid uitspreek oor die miskenning van Afrikaans en ander inheemse tale deur SABC TV. Vooraf is geadverteer dat almal in hul eie taal na die Sokkerwêreldbeker-uitsendings sou kon luister. Op die “Language”-skakel kan daar uit Engels, Portugees, Zoeloe en Sotho gekies word, maar nie Afrikaans nie.

Dit is onverstaanbaar waarom die openbare uitsaaier, wat so hoog opgee oor versoening en die uitbou van vreedsame naasbestaan in Suid Afrika, Portugees as ‘n opsie op die taalskakel gee, maar nie Afrikaans nie. Afrikaans is tog ‘n bewese uitsaai- en kyktaal? Daarby is Afrikaans, naas Zoeloe en Xhosa, die derde grootste moedertaal in Suid-Afrika, ’n Suid-Afrikaanse lingua franca en ’n taal wat vir baie buitelandse besoekers, onder meer uit Nederland en België, verstaanbaar is.

Van ons ander inheemse tale soos Xhosa, Swati, Tswana, Ndebele, Venda en Tsonga is op dieselfde wyse misken. Waarom moet Portugees voorkeur kry bo ons inheemse tale? En gebaretaal kan minstens by die wedstrydbesprekings geakkommodeer word.

Die ATR is saam met die ganse SA bly oor Tshabalala se skitterende doel. Ons is egter minder gelukkig oor SABC TV se miskenning van Afrikaans. Die probleem met ‘n stille aanvaarding is dat dit keer op keer gaan gebeur. Is die hoofde by SABC werklik ernstig oor die uitbouing van die Reënboognasie? Waarom die honderde duisende Afrikaanse TV-lisensiehouers misken?

Weergaven: 46

Opmerking

Je moet lid zijn van Nederlandstalige Nieuwsmedia om reacties te kunnen toevoegen!

Wordt lid van Nederlandstalige Nieuwsmedia

koerante/kranten

mondotimes Find News Media Worldwide



Nederlandse Kranten

Belgische Kranten

Surinaamse Kranten

Antilliaanse/Arubaanse Kranten

Suid Afrikaanse Koerante

Namibiese Koerante

Nederlandstalige Kranten (USA/Canada)

Historische Kranten

Regionale Kranten

© 2024   Gemaakt door Nederlandstalige Nieuwsmedia.   Verzorgd door

Een probleem rapporteren?  |  Algemene voorwaarden