Bloemfonteinse Skrywersvereniging se jaarlikse Nasionale Skryfwedstryd 2010

Honderde inskrywings het vanjaar vanoor die hele land (en selfs in enkele gevalle vanuit die buiteland) ingestroom vir die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se jaarlikse Nasionale Skryfwedstryd (2010).

Baie skole het veral ook hulle beste inskrywings gestuur en soms ook vanjaar die volwassenes in die ope-afdeling die stryd aangesê vanweë die interessante onderwerpe in daardie afdeling. Vanjaar se wedstryd is geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat omdat die universiteit, net soos die BSV, veral jongmense wil aanmoedig om hul potensiaal maksimaal te ontgin.

Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) het, soos altyd, behulpsaam gewees met die veilige ontvangs en dokumentering van posstukke soos dit ontvang is. Hier oorhandig me. Malani Viljoen van NALN een dag se pos wat uit die possak gekom het, aan die voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, mej. Corlietha Swart. Die tikpapierhouer vol inskrywings is afkomstig vanaf Hoërskool D.F. Malan wat jaarliks, onder die bekwame leiding van mnr. Gert Visser (Adjunkhoof) , sorg vir ‘n ryk oes aan inskrywings uit Bellville. Die wenners word ongeveer 21 Junie bekendgemaak en sal, buiten hul prysgeld (en wisseltrofeë in die skole-afdeling) die geleentheid kry om ‘n BSV Slypskool by die bekende dr. P.G. du Plessis in Augustus by te woon. Die BSV vier ook vanjaar sy 40ste bestaansjaar met ‘n dinee vir BSV-lede die aand voor die slypskool.

Weergaven: 61

Opmerking

Je moet lid zijn van Nederlandstalige Nieuwsmedia om reacties te kunnen toevoegen!

Wordt lid van Nederlandstalige Nieuwsmedia

koerante/kranten

mondotimes Find News Media Worldwide



Nederlandse Kranten

Belgische Kranten

Surinaamse Kranten

Antilliaanse/Arubaanse Kranten

Suid Afrikaanse Koerante

Namibiese Koerante

Nederlandstalige Kranten (USA/Canada)

Historische Kranten

Regionale Kranten

© 2025   Gemaakt door Nederlandstalige Nieuwsmedia.   Verzorgd door

Een probleem rapporteren?  |  Algemene voorwaarden